Luister: Naakte liefde

“Doen weg met oppervlakkige verhoudings en belê in daardie koester-vriende! Ons almal kan doen met liefde wat ons hele wese deurdrenk. Dit is die een tydlose geskenk wat ons aan mekaar kan gee, liefde… Liefde is daardie sagte gebed vir ’n ander, waarvan hulle nie eens bewus is nie, daardie vreugde en opgewondenheid wat jy ervaar wanneer hulle drome verwesenlik en tot vervulling kom. Vier dié wie jy liefhet en draai hulle toe in liefde en deernis.” – Alta Strauss

(Foto: Verskaf)

Meer oor die ‘Steeds vrou’-digbundel

Benodig jy, of ʼn geliefde, ʼn bietjie hoop in ’n tyd waarin gevoelens van vrees en verlies veels te gereeld voorkom?

Kry nou die Steeds vrou-digbundel.

Steeds vrou bevat 40 gedigte uit die pen van skrywer en motiveringspreker Alta Strauss en die adjunk-uitvoerende hoof van Helpende Hand, René Roux.

“In ʼn wêreld vol gebrokenheid en baie stukkend en baie seer deel hulle so ʼn bietjie van hul harte, ʼn bietjie van hul verlies,” sê Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur.

Strauss en Roux se werk was aanvanklik nie bedoel om deur enigiemand gelees te word nie, maar ná alles sê albei van hulle: “Ons is steeds vrou.”

ʼn Pa wat verdrink, ʼn ongebore baba wat sterf, ʼn swangerskap wat net nie wil gebeur nie, drome wat nie wil realiseer nie, intimiteit wat soek geraak het en liefde wat seermaak. Dit is alles onderwerpe vir gedigte in die bundel.

“Ons praat nie net nie, ons ken verdriet en seer en verlies. Wees jouself, hê hoop, selfs in tye van verlies.

“Die doel van die bundel is om mense hoop te gee deur na die voorbeeld van vrouwees te verwys,” sê hulle.

Die opbrengs van die digbundel gaan na Helpende Hand se FroueVonds (met opset verkeerd gespel om te beklemtoon dat alles nie altyd reg verloop nie). Die FroueVonds streef daarna om vroue te bemagtig om pilare van hoop in hul gemeenskappe te wees. Die fonds sorg ook dat 3 000 behoeftige meisies sanitêre ware ontvang en stel jong vroue in staat om deur die Susanna Smit-studiefonds te studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.