die skoene moet jy dra
Geneem uit Toorwoorde roep my deur Valiant Swart
al die paaie wat jy loop
al die draaie wat jy stap
al die strikke wat jy aftrap
al die grond wat jy koop
gaan sit in jou knieë
en die klere aan jou lyf
en klou aan jou treë
en trek jou rieme styf
al is jou spore vergete
al is jou sole verslete
al is die pad lank en swaar
die skoene moet jy dra
al die spoke wat jou jaag
al die spore wat jy trap
elke keer wat jy ontsnap
elke hek wat jou vertraag
skiet wortel in jou bloed
en rank tot in jou vuis
en klou aan elke voet
wat jou dra tot by die huis
al is jou spore vergete
al is jou sole verslete
al is die pad lank en swaar
die skoene moet jy dra
jou verlede
klou verbete
aan die veters
van jou gewete
al is jou spore vergete
al is jou sole verslete
al is die pad lank en swaar
die skoene moet jy dra
die skoene moet jy dra…
Laurika Rauch sing die gedig in die volgende video:
http://youtu.be/Ip4Qkg4ZMMQ