[WEN] Is jy ʼn digter?

digkuns_kompetisie_skootrekenaar_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

[Promosie-artikel]

“Die eik is in die akker waar dit skielik val –
diep in die somer as die laataand sonlig leen,
hop dit en rol tot in ʼn slootjie langs die wal
waar goud-gehelmde herfsbome wag op reën.”
(Uittreksel uit IL de Villiers se gedig “Bolandse eik”)

Is jou taal deel van jou trots? Geniet jy dit om met woorde te speel en dit op papier neer te pen?  Gryp dan nou daardie pen en papier of sleutelbord en vingers en wys ons jou talent.

Boekejol.pngDié jaar se BoekeJol- en FilmRolfees skop af met ʼn heerlike digkunskompetisie.

BoekeJol en Maroela Media gee aan elkeen vanaf 13 jaar oud die geleentheid om hul digvernuf met ons te deel. “In ʼn gedig kan elke individu uiting gee aan hul gevoelens, gedagtes en leefwêreld,” sê Dia van Staden, organiseerder van die BoekeJol- en FilmRolfees. Dit is die eerste kompetisie van sy soort wat aangebied sal word.

Die beoordelaarspaneel bestaan uit die bekroonde digter Bibi Slippers, Su-an Müller-Marais en Susan Lombaard.

Die wenner van die kompetisie ontvang R3 000, die persoon wat die tweede plek behaal R2 000 en die derdepryswenner ontvang R1 000. Daar is drie temas waaroor jou gedig kan handel:

  • Hier
  • Huppel en hop
  • Skokgolwe

Skryf jou gedig in! Die sluitingsdatum is Woensdag 2 Augustus 2017.

Die BoekeJol- en FilmRolfees vind vanjaar plaas van 16 tot 20 Augustus by Lynnwoodbridge in Lynnwood, Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mike ·

Hoekom die ouderdomsperk?
Daar is beslis ouer persone wat sal belangstel.

Janie Monsieur ·

Dagsê Mike.
Dankie vir jou navraag. Ons is bly om te sê die ouderdomsperk is gelig. Skryf gerus in!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

maritza ·

Ek wonder ook Mike, hoekom die ouderdomsbeperking? Ek is een wat sou belang gestel het. Ons ouer mense kan ook met woorde woeker!

Chrissie ·

Digters wat nie aan die ouderdomvereiste voldoen nie: moenie uitgelaat voel nie. Skryf jou beste poësie met die oog op publikasie in jou eie, volwaardige bundel. Ons weet mos wat hierdie soort kompetisies behels – Hulle vat ‘n klomp digters se gedigte onder die vaandel van ‘n kompetisie, bundel dit en oes al die winste. Dit is beslis nie ‘n prestasie om jou kalwers weg te gee vir iemand anders om mee te boer nie!

Manie Jackson ·

ek is ook verwonderd oor die ouderdoms beperking, wat sal die rede wees? Ek stem saam met jou Chrissie. Ek en my vrou werk tans aan ons tweede gesaamendlike bundel. Dit sal my 3de bundel wees, en die 5de een wat my werk in gepubliseer word as jy die liefdadigheids bundels bytel . Die vreugde en gevoel wat jy kry as jy jou eie werk publiseer is regtig die moeite werd. My ervaring met die komersialseering van jou digkuns en die kompetisies en betrokke taalkundiges en beoordeelaars is nie baie posetief nie. maar dis my opinie.

Elsabe de Beer ·

Ons is ongeveer 300-400 digters op SA Digters wat graag sou wou deelneem, maar ons almal is bokant die ouderdomsperk. Werk vir ons ‘n kompetisie ook in, asseblief?

Janie Monsieur ·

Dagsê Elsabe,

Dankie vir jou kommentaar. Ons is verjeug om te sê die ouderdomsperk is verander. Neem gerus deel!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Jan ·

As ek maar jonger as 35 was
genade, noudat ek daaraan dink
baie van die ou klere het toe nog gepas
en met ‘n kop vol hare vir almal gewink

Maar dis nou die verloop van tyd
hare val uit en pens raak groter
dis egter nog nie die einde van dei stryd
ons beur voort soos ‘n 6 silinder motor

Terug by die onderwerp hier op hand
baie kan gese word oor skokgolwe of huppel en hop
maar nou is ek mos te ou vir daardie R3000 kontant
so kom ons gaan aan en kry dit uit die kop.

Janie Monsieur ·

Dagsê Jan.
Dankie vir jou navraag. Ons is bly om te sê die ouderdomsperk is gelig. Skryf gerus in!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Marike ·

waar plaas ons die gedigte? En watter besonderhede moet ons vermeld, bv, naam, adres ens.? Is dit vryevers of is daar vereistes waaraan voldoen moet word?
Groete, Marike

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.