Gee jou Kerskaartjies woema in Afrikaans met dié seënwense

(Foto: Yvette Fang/Pixabay)

Wanneer dit kom by die Kersgeskenke en -kaartjies is jy dalk iemand wat self jou kreatiwiteit inspan en oulike seënwense neerskryf. Maar vir ander is dit juis die grootste tameletjie van die hele proses.

Vir vriende en familie

  • Geseënde Kersfees! Mag jou en jou geliefdes se feestafel dié Kersfees met hope liefde en vrede oorlaai word.
  • Die grootste Kersgeskenk is Christus se koms. Mag dit ʼn geseënde feestyd wees waar sy teenwoordigheid ervaar en gevier sal word.
  • My wens vir jou Kerskous is hope genade, liefde, vrede en sonskyn. Mag jy ʼn geseënde Christusfees hê.
  • Mag God se mooiste seëninge vandag uit jou geskenk klouter en jou dié Kersfeestyd met liefde omarm. Geseënde Christusfees!
  • Kersfees is ʼn dag deur God geskenk. Mag jy sy guns in jou lewe met oorgawe gedenk.
  • Dit is die dag wat God ons skenk;
    laat elk sy liefde bly herdenk;
    sing, aard’ en hemel, wees verheug
    en vier dié dag met grote vreug.
  • Nog ʼn somerson Kersfees deur God geskenk. Mag dit ʼn dag propvol liefde en samesyn wees.

Vir die kleinspan

  • Mag Kersvader se slee al God se mooiste geskenke vir jou gee. Geseënde Kersfees.
  • “Kersvader is ʼn alien,
    ek is seker dit is so.
    Sy ruimtetuig is ʼn takbokslee
    En hy zoem verby doer bo.”
    (Uit die gedig “Kersvader is ʼn alien” deur Theresa van Baalen)
  • Skeur jou geskenke met oorgawe oop en sing Kersliedjies uit volle bors, want Jesus is gebore!

Kort jy nog inspirasie vir jou Kerskaartjies? Afrikaans.com se lys met aflaaibare feesboodskappe is dalk net wat jy nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.