Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers

Al die ATKV Woordveertjies-wenners Foto (en kopiereg): Books LIVE, Flickr

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 14 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die vyfde keer aangebied.

Vyftien Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

Die gasheer vir die aand was Hannes van Wyk en Kim Cloete en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van feesviering en puik woordkuns te bied.

ATKV-Prosaprys
Beoordelaars: Cecile Cilliers, Thys Human en Riana Scheepers
Wenner: Wals met Matilda – Dan Sleigh (Tafelberg)
Die beoordelaars beskryf dié werk as ʼn roman wat vir die leser meer as een verhaal vertel. Die Afrikaans is meesleurend en die leser word onweerstaanbaar in die verhaal ingetrek.

strong>Prys vir Liefdesroman
Beoordelaars: Renée Conradie, Danila Liebenberg en Ilse Salzwedel
Wenner: Huis van die wind – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers)
Huis van die wind is goed geskryf en hou die leser voortdurend betrokke by die ontluikende romanse tussen die hoofkarakters. As liefdesroman is hierdie boek boeiend en kan die leser met die karakters identifiseer.

Prys vir Poësie
Beoordelaars: Marius Crous, Karen de Wet en Danie Marais
Wenner: Visums by verstek – Joan Hambidge (Human & Rousseau)
Die bundel bied ʼn waardige blik nie net op Hambidge se gedigte nie, maar ook op haar skryfvermoë en digterskap. Beslis ʼn bundel wat ʼn toekenning vir “uitnemende Afrikaanse poësie” werd is.

Prys vir Romanse
Beoordelaars: Margarethie Bredenkamp, Petro Prins en Kobie van Aswegen
Wenner: Gelyke vennote – Marie-Louise Cronjé (LAPA Uitgewers)
Die boek lees heerlik en is beslis ʼn waardige wenner. Die vonke spat behoorlik tussen die held en die heldin, maar die liefde oorwin. Die skryfster slaag daarin om ʼn selfstandige heldin te skep.

Prys vir Spanningslektuur
Beoordelaars: Sam Cooper, Marlize de Jongh en Linda Zöllner
Wenner: 7 Dae – Deon Meyer (Human & Rousseau)
Die storie is van die begin af boeiend. Meyer ken die kuns om jou te laat omgee vir die karakters, selfs vir dié waarvan jy nie hou nie. Hierdie boek is leesplesier van die begin tot einde met uitstekende taalgebruik en meesterlike skryfvermoë van Meyer.

Prys vir Dramateks
Beoordelaars: Saartjie Botha, Henry Mylne en Peet van Rensburg
Wenner: Samsa-masjien – Willem Anker
Die beoordelaars is dit eens dat Samsa-masjien een van die beste dramas is wat die afgelope jare in Afrikaans geskryf is. Anker se navorsing is deeglik, sy metafore sekuur en hy bewys homself as ʼn opwindende en uiters talentvolle jong dramaturg.

Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse
Beoordeelaars: Anne-Marie Beukes, Leon de Stadler en Ernst Kotzé
Wenner: Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe/Dictionary for the Health Sciences, met samesteller en outeur: J. de V. Lochner (Pharos)
Hierdie woordeboek word as ’n omvattende vakwoordeboek uitgesonder wat die Afrikaanse vaktaal bevat van bykans alle gesondheidsterreine en dus getuig van goeie korpusbeplanning.

ATKV-Kinderboektoennings vir 2012:
In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke.
Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar
• Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Haasmoles
• Illustreerder: Zunica Joao (LAPA Uitgewers) – Slaaptyd, Matilda

Selfleeskategorie: Graad 1 – 3
• Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Klou
• Illustreerder: Karen Lilje (LAPA Uitgewers) – Klou

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
• Skrywer: Fanie Viljoen (Human & Rousseau) – Grilbrigade
• Illustreerder: Astrid Castle (Tafelberg) – Spookskip

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
• Skrywer: Jaco Jacobs alias Tania Brink (LAPA Uitgewers) – My hart is vol graffiti

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
• Skrywer: Carina Diedericks-Hugo (LAPA Uitgewers) – Permanente ink

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.