Gesogte literêre prys vir SA skrywer

Martin Steyn (Foto: Facebook)

Martin Steyn se Engelstalige fiksiedebuut, Dark Traces (sy eie vertaling van sy debuutroman Donker spoor) is in die VSA bekroon met ʼn Kirkus-ster.

“Dit is ’n enorme eer, komende van ’n tydskrif wat bekend is vir vlymskerp kritiek sedert 1933,” het Lapa Uitgewers in ʼn verklaring gesê.

Kirkus ken jaarliks ’n baie groot prys van US$50 000 toe. Boeke, soos Steyn s’n wat ’n ster kry, kom outomaties in aanmerking vir hierdie prys, wat beteken Dark Traces ding nou mee om die Kirkus-prys vir 2018.

“Die resensie maak positiewe melding van Martin se gebruik van Afrikaanse woorde soos ‘klagtebakkie’ [die voertuie wat deur polisiebeamptes in uniform gebruik word] en ‘oom’ wat in die VSA-teks behoue gebly het.”

 

Oor die boek:
Tienermeisies verdwyn die een na die ander. Hulle word gevind: eers gemartel en toe gehang. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Maar agter hom loop ’n donker spoor. Hy is vervreemd van sy seun en treur steeds oor sy vrou. Hy moet die pa’s en ma’s in die oë kyk. Hy moet vrae beantwoord wat hy nie kan nie.

Koerante bevraagteken die polisie se vermoë om die gemeenskap teen hierdie monster te beskerm. ʼn Ma skryf ʼn hartroerende brief aan die moordenaar en ʼn pa bied ʼn groot beloning aan.

Elke keer wanneer ʼn leidraad tevergeefs gevolg word, kom Magson maar net op nóg ʼn meisie se liggaam af.

Oor die outeur:
Martin Steyn het begin skryf nadat hy The Dark Half deur Stephen King gelees het en oor mense soos Jeffrey Dahmer het hy geïnteresseerd geraak in reeksmoordenaars. Die vraag het by hom ontstaan waarom hierdie mans, wat net soos die buurman lyk, ander mense jag bloot vir die plesier daarvan. Hoe is dit dat hulle vir jare tussen ander mense bly en niemand vermoed iets nie? Dis toe hy ware-misdaadboeke begin lees het.

Dark Traces en Donker spoor is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad.
Prys: R270-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.