Gratis Afrikaanse speltoetser vir MS Office

wspel 2

VRYWARING: Maroela Media het nie die sagteware getoets nie en onderskryf nie noodwendig die gebruik van die sagteware nie. Maroela Media kan nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir enige foute wat moontlik met die sagteware verband hou nie.

ʼn Nuwe weergawe van WSpel is pas vrygestel met meer as 516 000 woorde in die woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie.

Volgens die skeppers van WSpel is dit tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld. Die skeppers is Johan Visser, Elfia Visser en Thomas Ellis. “Dit voldoen ook aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009,” het Ellis in ʼn verklaring gesê. “Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser gratis in Afrikaans daar te stel.”

WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie.

Klik hier om die program gratis af te laai.
Skakel Thomas Ellis by 051 433 1956.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shannon ·

Die installering instruksies vir hierdie spel toetser is hopeloos te kompleks en ek moet sê, die skrywer van die hulp dokument moet vir `n slag Windows 7 gaan op swot. Dit toon hemels breë verskille met die dokument se aannames.

In die tussen tyd doen hierdie man ons almal `n guns :
http://blog.tiaan.com/af/webapp/spellchecker

Johan Visser ·

Shannon, bel gerus vir Thomas Ellis by ons hulplyn 051 4331956 (Bloemfontein). Hy sal gou-gou help en dan sal jy nooit weer die noodsaaklike instellings hoef te doen wanneer jy nuwe weergawes van WSpel installeer nie. Groete en seënwense. Johan Visser

Shannon ·

Dankie Johan, ek sal so maak. En terloops, dankie vir die toetser.

Dirk ·

Goeie middag ek is opgewonde oor hierdie speltoetser. Ek is rekenaarvaardig en is heeltemal deurmekaar oor die instruksie.

Maak dit asseblief eenvoudig.

Ek wil dit graag gebruik.
Dankbaar
Dirk Scott

Willie ·

Ek het WSPEL gelaai en alle verstellings gedoen.

Hoe kan ek dit nou gebruik om ‘n bestaande word dokument se gramatika soos lees tekens te gebruik.

Groetnis
Willie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.