Altesaam R15 000 is op die spel in die tradisieryke jaarlikse landswye skryfkompetisie wat deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging aangebied word. Dit word in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Navorsingsentrum (NALN) aangebied.
Daar is afsonderlike kategorieë vir skole, en volwassenes wat al voorheen teen vergoeding geskryf het, en diegene wat nog nie die pen teen vergoeding opgeneem het nie.
Daar is ook ‘n ope-afdeling, en ‘n afdeling vir poësie.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Mei.
Navrae en ‘n inskrywingsvorm kan bekom word deur Lelani Fourie 0733883377 of Ronelle Meyer 0824113963 te skakel, of ‘n e-pos te stuur na [email protected] of http://bloemsv.wordpress.com te besoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Ek het twee toneelstukke wat my pa jare gelede geskryf het. Wat ek graag sal wil inskryf ter nagedagtenis aan hom. Is dit toelaatbaar? Waar kan ek inligting verkry?