Groot pryse vir skrywers

Altesaam R15 000 is op die spel in die tradisieryke jaarlikse landswye skryfkompetisie wat deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging aangebied word. Dit word in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Navorsingsentrum (NALN)  aangebied.

Daar is afsonderlike kategorieë vir skole, en volwassenes wat al voorheen teen vergoeding geskryf het, en diegene wat nog nie die pen teen vergoeding opgeneem het nie.

Daar is ook ‘n ope-afdeling, en ‘n afdeling vir poësie.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Mei.

Navrae en ‘n inskrywingsvorm kan bekom word deur Lelani Fourie 0733883377 of  Ronelle Meyer 0824113963 te skakel, of ‘n e-pos te stuur na [email protected] of http://bloemsv.wordpress.com te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsie Potgieter ·

Ek het twee toneelstukke wat my pa jare gelede geskryf het. Wat ek graag sal wil inskryf ter nagedagtenis aan hom. Is dit toelaatbaar? Waar kan ek inligting verkry?

CS ·

Hierdie skryfwedstryd van die BSV is spesifiek gerig op Kortkeur (Kortverhale, Kortkortverhale, Sketse/ Vertellings en Essays) en ook op gedigte. U kan dalk daaraan dink om met SUNMedia of een van die ander erkende uitgewers in aanraking te kom om na hierdie spesialisgenre wat u pa beoefen het, te kyk vir moontlike publikasie. Moenie dat dit verlore raak nie.

Sterkte met die soeke na ‘n moontlike uitgewer!
Vriendelike groete
Corlietha Swart
Voorsitter: BSV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.