Ondernemings met treffende Afrikaanse name moet gou spring om seker te maak dat hulle ook vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se handelsnaamkompetisie inskryf.
Inskrywings sluit reeds op 10 Augustus.
Eienaars van ondernemings met Afrikaanse name word versoek om in te skryf: borg jou onderneming se naam vir R100 of koop dit vir R5 000 en laat weet ons dat jy die naam inskryf vir die kompetisie. Jy kwalifiseer natuurlik outomaties vir Sanlam se jaarlikse R25 000-prystrekking in April, jy ontvang ʼn sertifikaat en kry gratis toegang tot die Aanlyn WAT.
As jy weet van ʼn treffende Afrikaanse handelsnaam in jou omgewing, vra hulle om in te skryf, of stuur die naam vir ons sodat ons hulle kan nader. Die volgende inskrywings is reeds ontvang:
- Babylonstoren (landgoed, Franschhoek)
- Bemind (wynmakery in McGregor)
- Boeremeisiebeeldskoon (skoonheidsprodukte)
- Folio (taaldiens)
- Gister (oudhedewinkel, Somerset-Wes)
- Groot Plaasproe (voedselfees, Sandringham)
- Juksta (juweliersware)
- Knus Karoo Kombuis (restaurant, Paarl)
- Nisboere (televisieprogram)
- Platsak (vulstasie en winkel, Witrivier)
- Respek en eiers (restaurant, Pretoria)
- Rojaal (restaurant, Elgin)
- Skryfyster (taaldiens)
- Skep (argitekte, Stellenbosch)
- Tamatiestraat (spyseniering en kookklasse)
- Toerboer (toeroperateurs)
- Twaalf (restaurant, Stellenbosch)
- Hoendertande, Knapsekêrel, Treffer, Heimwee, Eekhoring, Kreatuur (wynname van De Kleine Wijn Koöp)
- Bloos, Kaalvoet, Swartskaap, Skoonma, Kleinboet, Posmeester, Houtbeen (wynname van Hermanuspieterfontein Wingerde)
Besoek die WAT se webwerf om in te skryf
Waarheen stuur ons die inskrywings/name van die besighede?
Dagsê Lydia
Kontak gerus die WAT direk om in te skryf.
Besoek die webwerf hier: http://www.wat.co.za/index.php/af-ZA/kontak-ons
Groetnis
Suné
nms Maroela Media