HAT se woord van die jaar bekend gemaak

Skermskoot uit die HAT

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal se woord van 2017 is misleiding.

In ʼn jaar waar fopnuus ʼn algemene woord geword het, waar nuwe nuuswebwerwe soos paddastoele opgeskiet en die geloofwaardigheid van (betroubare) nuuswebwerwe in twyfel getrek is, was misleiding aan die orde van die dag.

Die HAT beskryf mislei soos volg: iemand (met opset) iets laat glo wat nie waar is nie, vir iemand jok; iemand bedrog/verkul: Die rower het die polisie mislei en ontsnap; iemand met valse voorstellings mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. die eerste ·

Zuma het sy mense mislei deur vals beloftes te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.