Hier is die 2015 Pendoring-beoordelaarspaneel

Pendoring 2015

Pendoring 2015

Die beoordelaars van vanjaar se Pendoring-reklametoekennings sluit ’n uitgelese span kundiges in van die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika.

Inskrywings vir die Pendorings in enige van Suid-Afrika se amptelike tale, behalwe Engels, word aanvaar.  Twee beoordelaarspanele, een vir die Afrikaanse inskrywings en een vir die ander nege inheemse tale, sal die beoordeling behartig.

Leon Jacobs (skeppende hoof van Woolworths), Liana Liebenberg (senior kunshoof van FCB in Johanneburg) en Xolisa Dyeshana (uitvoerende skeppende hoof van Joe Public) is ʼn paar van die kenners wat deel uitmaak van die twee panele.

Annette Nel, uitvoerende skeppende hoof by Baie-lingual Concepts is ook deel van die beoordelaarspaneel en volgens haar is dit belangrik om tydens die beoordeling die vraag te vra of ʼn stuk werk vir enige ander taalgroep so goed sou werk as vir die Afrikaanse mark.  “Dit beteken egter nie dit moet ’n blote woordspeling wees nie – dis kortpadkulkuns. Dit moet Afrikaans wees in hart en siel,” sê Annette.

Liana Liebenberg stem saam en sê dat die werk konseptueel sterk moet wees en nie net moet staatmaak op slim woordspeling nie.

Vanjaar se beoordeling vind van 10 tot 12 September plaas.

Die volledige lys van beoordelaars is volg:

Afrikaanse afdeling:
Konstant van Huyssteen, skeppende hoof, FCB, Kaapstad
Claudi Potter, senior kopieskrywer, Joe Public
Ricardo Rocha, uitvoerende skeppende hoof, Etiket
Leon Jacobs, skeppende hoof, Woolworths
Annette Nel, uitvoerende skeppende hoof, Baie-lingual Concepts
Nico Botha, senior kopieskrywer, TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Deon Wiggett, uitvoerende skeppende hoof en stigtersvennoot, Famous Copy
Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof, Ninety9cents Communications
Nerine Gardiner, kopieskrywer, FoxP2
Wimpie le Roux, besturende direkteur, Publicis Machine
Liana Liebenberg, senior kunshoof, FCB Johanneburg

Die eg Suid-Afrikaanse afdeling (Engels en Afrikaans uitgesluit):
Neo Mashigo, uitvoerende skeppende hoof, Ogilvy, Johannesburg
Xolisa Dyeshana, uitvoerende skeppende hoof, Joe Public
Nkgabiseng Mutao, kunshoof, FCB, Johannesburg
Festus Masekwameng, uitvoerende skeppende hoof, MKT Media
Vumile Mavu, skeppende hoof, MC Saatchi Abel, Johannesburg
Melusi Tshabalala, uitvoerende skeppende hoof, Flint n Tinder
Xolisa Radebe, skeppende hoof, OpenCo
Mohlalifi Lentsoane, senior kopieskrywer, FoxP2, Johannesburg

Inskrywings vir die Pendorings sluit 31 Julie 2015 en word aanlyn gedoen by www.pendoring.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.