Hoe lyk jóú Afrikaans – eerste wenners bekend gemaak

afrikaansdotcom hoe lyk jou afrikaansSuid-Afrikaners het gesing, gedans, gedig, gespog en hul passie, liefde en oortuiging gedeel en gewys hoe lyk hulle Afrikaans. Meer as 800 mense het oor die afgelope drie maande van oraloor aan die ‘Hoe lyk jou Afrikaans?’-kompetisie van Afrikaans.com deelgeneem en gestem dat dit klap. Amper 20 000 stemme is uitgebring vir die inskrywings in drie kategorieë.

Ingrid Erlank, redakteur van Afrikaans.com, het gesê vir deelnemers was dit duidelik ’n hartsaak en beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys. Wenners ontvang elk R2 000 en dring deur tot die finale ronde vir die groot prys van R10 000.

Die wenner in die teksinskrywingkategorie het meer as 10 500 stemme ontvang. Die 32-jarige Albert Oberholzer van Plettenbergbaai neem ons terug na die skoolbanke tot in Nataniël se ouma se kombuis. Sy hoendervleisbeskrywing roer: “Die son val oor die skoolbanke en die klas is stil. Oupoot lei ons in kringe deur die Knysna bos soos Juffrou Fuller die boek woord vir woord voorhou. Daar waar ons sit, skilder en skep Dalene Matthee die bos, die bome, die bloubokkie en die lewe van die mense in die stem van ‘n vrou met ‘n liefde vir haar beroep en taal.”
Lees sy volledige inskrywing onderaan hierdie berig of klik hier.

Die wenner van die fotokategorie is Leana Wentzel (53). “Die eenvoud en trefkrag en raakvatbeskrywing maak hierdie foto die wenner,” het Erlank verduidelik. Leana het meer as 2 600 stemme ontvang. Sien haar foto onderaan hierdie berig of klik hier.

Die wenner in die video/klankopnamekategorie is Nicolene van der Walt (31). Haar passievolle liefde vir Afrikaans is die musiek van haar hart en Afrikaans betower haar akkoorde. In haar woorde: “Musiek en Afrikaans verbind almal soos een taal. Dit is my hart se taal.” Nicolene het net-net duskant 100 stemme ontvang. (Haar video volg onderaan die berig.)

“Daar was talle ander inskrywings wat uitgestaan het en party het verrassingspryse ontvang,” het Erlank bygevoeg. Gaan kyk gerus op Afrikaans.com.

Daar is nog twee rondes oor vir die “Hoe lyk jou Afrikaans”-kompetisie en die kans om die groot prys van R10 000 te wen. Skryf nou in.

Albert Oberholzer – Hoe lyk my Afrikaans? ... so!

Albert Oberholzer – Hoe lyk my Afrikaans? … so!

 

Leana (MC) Wentzel - My Afrikaans is rotsvas

Leana (MC) Wentzel – My Afrikaans is rotsvas

 

https://youtu.be/1deSACy88TY
[Hierdie video is verwyder.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.