Die wenners van die Hoe lyk jóú Afrikaans?-kompetisie is Vrydag bekendgemaak.
Daar is geskep, gevorm, foto’s geneem, video’s gemaak, gesing en gedans, en dit was duidelik: In Suid-Afrika lyk Afrikaans dikwels verskillend, maar daar is net één Afrikaans.
Meer as 1 200 inskrywings is uiteindelik vir die kompetisie ontvang.
Ingrid Erlank, redakteur van Afrikaans.com, het Vrydag in ʼn verklaring gesê om wenners uit dié inskrywings te kies, was ’n taai toffie.
“Dit was behoorlik ’n stewige uitdaging en beoordelaars kon nie anders as om nog ’n verrassingsprys toe te ken nie,” het sy gesê.
Die kriteria was eenvoudig: wees oorspronklik, trots, inklusief, relevant, kontemporêr, verkennend en bemagtigend.
Só lyk die wenners:
Die groot wenner was Fanus Minnaar. Fanus sê Afrikaans is ons almal s’n: “’n Kaleidoskoop van kleure, maar tog kleurblind.” Vir Fanus is Afrikaans ’n lekker taal, want jy kan met hom speel en hom verander soos wat dit vir jou werk. Daarom moedig hy mense aan om saam te praat en trots te wees op hul Afrikaans-wees.
Kim Meissenheimer het die R5 000-verrassingsprys ontvang. Kim se Afrikaans is in haar bloed. Sy is 26 en kom van Leliefontein, ʼn plaasdorpie duskant Springbok. Hierdie Namakwalander se vuur vir Afrikaans is aangesteek op skool toe sy betower is deur die “kleurryke heerlikheid van Afrikaanse uitdrukkings en idiome”. Sy sê dit was vir haar so ʼn inspirasie dat sy huis toe is en begin het met navorsing.
Lees haar teksinskrywing hier.
Lees alle vorige stories oor Afrikaans.com op Maroela Media.
Besoek ook Afrikaans.com se webwerf.
Baie geluk Fanus. Jy verdien om te wen. Mens kan oor en oor na jou video luister en al die pad saamstem.
Geluk Fanus. Dis ouens soos jy wat vir my hoop gee vir ons ou taaltjie.
Reinhard,
Skaam jou om na n volwaardige taal te verwys as n “taaltjie”.
Het jy dan geen waardering of respek vir die taal nie?
Baie dankie, en geluk julle almal. Julle is bevonk!
Afrikaans is bevonk. Afrikaners is bevonk!!
Ons is die houers van die mees uniekste geskiedenis,” krioolse” erfenis, besonderse taal en westers geinspireerde afrika kultuur in die hele wereld. Sjoe, ons deel ons pragtige taal met bruinmense en swartmense, ons mede Afrikaanses. #WEES TROTS. #LEEF AFRIKAANS!
#AFRIKANER TROTS
Baie geluk Fanus, wel gedaan ons is baie trots op jou.
Baie geluk ,Fanus!!!! Jy is n yster!!!!!
Fanus, baie geluk! Jou pragtige persoonlikheid weerspieël hierin. Trots op jou!!
Puik gedoen Fanus. Jy het afrikaans so mooi uiteen gesit. Welgedaan.Trots afrikaans. En Lank lewe Afrikaans
Baie geluk Fanus!!!