Inskrywings vir die tweede ronde van Afrikaans.com se “Wys ons hoe lyk JOU Afrikaans en WEN”-kompetisie bring nóg meer dimensie … “Afrikaans is ʼn leefwyse … ’n frekwensie waarop ons ingestel is … Afrikaans is ʼn kaleidoskoop van kleure, maar ook kleurblind … dis nie joune nie, dis nie myne nie … dit is ons s’n!” Hierdie woorde van Fanus Minaar, wenner in die videokategorie, is die slotsom van die meer as 1 000 inskrywings wat ons tot dusver ontvang het.
En wat ’n taak was dit om uit hierdie besonderse versameling passievolle bydraes wenners te moes aanwys! Die tweederonde-inskrywings het ingestroom uit al die uithoeke van ons land asook ver buite ons grense: Kanada, Australië, die VSA en van die noordelikste hoek van Namibië.
Afrikaans is net soos die mense wat die taal praat – kleurvol, kreatief, karaktervol en uniek.
Die rondomwêreld van Afrikaans!
Uit twee leefwêrelde kom ’n gedeelde liefde vir Afrikaans. Die jong klomp uit die diep Karoo is die Hartlanders van Laingsburg en hulle dra hul taalhart op die mou, terwyl die Engelse tieners van Parklands College die pad stap met ’n kielie in die keel. Hierdie twee groepe tieners is definitief die hoogtepunt van ronde twee en die lede van albei groepe ontvang ʼn verrassingsprys vir hul lekker video’s. Lees die volledige storie hier.
Ontmoet die wenners!
Beste teks: Marzanne Janse van Rensburg – My Afrikaans is sterk
Lees meer hier.
Beste video: Fanus Minaar – Wat is Afrikaans vir my?
Lees meer hier.
Beste foto: Ilandre en Linda Rautenbach – Afrikaans (… en die Karoo) – Dit wat ons hart & siel aan die pomp hou!
Lees meer hier.
Leer ken die wenners van nader en onthou, die derde en finale ronde van die “Wys ons hoe lyk JOU Afrikaans en WEN!”-kompetisie het reeds afgeskop. Daardie R10 000 soek ’n beursie!
Besoek Afrikaans.com vir meer besonderhede.
Tweede rondte …..
Ek stem saam…… “rondTe”.
Dagsê Basson, Anoniem en Pietman
Die korrekte taalgebruik in hierdie geval is inderdaad “ronde”. “Ronde” is ‘n fase of afdeling in ‘n opeenvolgende reeks, bv. in ‘n kompetisie, samesprekings of in boks. Lees meer hier: http://maroelamedia.co.za/afrikaans/taaltoffie/afrikaanse-taalgebruik-ronde-of-rondte/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
ronde? Dalk eerder “rondte” ?
Volgens die HAT kan dit altwee wees. Ronde of rondte.