Hoërskoolleerders – Droom groot en WEN groot

In plaas van tone en tande tel dié wintervakansie kan hoërskoolleerders eerder met hul talente woeker sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak.

Die #droomgroot17-kompetisie vir graad 8 – 12-leerders het op 1 Julie afgeskop en leerders het tot 30 September kans om deel te neem. Afrikaans.com gaan boonop R10 000 beskikbaar stel om die wenner se droom te bewaarheid.

#droomgroot17 – Dit werk só
Graad 8- tot 12-leerders (tweede- en derdetaal Afrikaanssprekers welkom!) kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media (Facebook/Instagram/Twitter) deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ʼn kreatiewe manier spog met hulle talente. Die video moet dan opgelaai word. Onthou net om Afrikaans.com in die pos te ‘tag’. Leerders kan ʼn gedig lees, ʼn liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hulle stories vertel… en ons so oorrompel met hulle talent!

Hoe die wenner bepaal sal word
ʼn Paneel kies drie inskrywings en die finaliste word dan gevra om vir ons te laat weet hoe die R10 000 gebruik kan word om ʼn stappie nader aan hulle droom te kom. Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees… ʼn kitaar, ʼn rekenaar, ʼn kort musiek- of skryfkursus, ens. waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner spandeer.

Lees die kompetisiereëls
Lees meer oor die kompetisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MCH ·

Baie geluk met n innoverende kompetisie. Dis n goeie besluit om ook tweede en derdetaalsprekers te betrek. Alle sukses!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.