10 Augustus 2011

Idioom:
Die kuikens tel nog voor hulle uitgebroei het / Voor jy weet of die henne van die haan hou
Betekenis:
Op iets staatmaak wat nog moet gebeur
Waar kom dit vandaan?
Moontlik oorspronklik ontleen aan ʼn fabel van Esopus: ʼn Vrou het eenkeer met ʼn mandjie eiers geloop terwyl sy uitwerk hoeveel sy vir die kuikens sal kry as hulle uitbroei. Sy het ook sommer besluit hoe sy die geld sou bestee. Maar sy het so opgewonde geraak dat sy die mandjie laat val en al die eiers gebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.