10-jarige neem oulikste idioomfoto’s

Altyd op dieselfde aambeeld/hamer slaan (Foto: Jonathan Möller)

Die 10-jarige Jonathan Möller het ʼn oog vir ʼn mooi foto en het uitstekend gevaar in vanjaar se Nasionale Eisteddfod.

Sy ouma, Hennelie Möller, sê Jonathan is in graad 5 en hy neem al die afgelope twee jaar lank foto’s. “Sy skool het ʼn fotografieklub vir die leerders en hulle neem dan foto’s van geleenthede by die skool, onder andere alle sportgeleenthede.” Die foto’s word dan by skoolbyeenkomste aan die res van die leerders gewys.

Die opdrag vir vanjaar se plaaslike kunswedstryd was idioomfoto’s. “Hy het hom uitmuntend van sy taak gekwyt,” voeg Hennelie by.

In hierdie foto’s word die volgende idiome uitgebeeld:
– Altyd op dieselfde aambeeld/hamer slaan (tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat)
– Die bal aan die rol sit (‘n saak aan die gang sit)
– In die pad val (op reis gaan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.