12 Augustus 2011

Idioom:
Daar kom dadels van
Betekenis:
Daar kom niks van nie
Waar kom dit vandaan?
Herman Willem Daendels, gebore in Hattem, Nederland, was in die vroeë 19de eeu tydens Napoleon se besetting van Nederland ʼn generaal in die Franse leër, en is later bevorder tot goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië. Volgens die meeste bronne het hy nie veel vermag nie; daar bestaan byvoorbeeld twyfel of hy die bestuur verbeter en die korrupsie tydens sy bewind verminder het. Daar is enkele voorkomste van ʼn wisselvorm van sy van, naamlik Daedels, wat moontlik aanleiding gegee het tot die uitdrukking daar kom Da(e)dels van.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Dis ‘n great storie… lekker om te weet wat die storie agter die idioom is! Gaan dit sommer my sin-van-die-dag maak…hehe*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.