Uitdrukking:
Alle grappies op ‘n stokkie
Betekenis:
In alle erns. Sonder om nou grappies te maak. Hou op grappies maak!
Waar kom dit vandaan?
Die stokkie waarna verwys word, is die sotskolf wat die nar aan die hof van die koning gedra het (dikwels in die vorm van ‘n stok met eselsore). Die spreekwoord was eintlik ‘n vermaning aan die nar om sy grappies nou te staak en vir homself te hou (letterlik op sy stok). Daar is ‘n Groningse toevoegsel en’t stokje in ‘t vuur, wat daarop dui dat die situasie so ernstig is dat die nar sommer die stok (met grappies en al) moet verbrand.