Antjie Somers

Uitdrukking:
Antjie Somers

Gebruik:
Om kinders mee bang te maak

Waar kom dit vandaan?
Die vroegste bekende verwysing na Antjie Somers verskyn op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein. Hier word vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset ‘n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. In die onveilige agttiende en negentiende eeu het die historiese figuur geleidelik ‘n legende in die Afrikaanse volksoorlewering geword. Die oorspronklike struikrowerverhaal het vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak, byvoorbeeld dat Antjie Somers – ‘n man vermom in vroueklere en met ‘n afskrikwekkende uiterlike – stout kinders, wat alleen of ontydig buite speel of nie wil gaan slaap nie, sal kom haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.