Die bont hond in

Elke hond is baas op sy eie werf beteken elkeen is meester van sy eie gebied of huis.
Twee honde veg om een been, die derde loop daarmee heen word gebruik wanneer twee mense oor ʼn ding twis en ʼn derde dikwels daarmee wegloop.
Om iemand soos ʼn hond te behandel, is om iemand baie sleg te behandel.
Agter elke hond aan blaf? Dit beketen om self geen oordeel te hê nie en ander na te praat.
Selfs die hond blaf nie meer vir iemand daar nie beteken ‘n persoon kuier gereeld iewers.
Jy kan ʼn hond die blaf nie belet nie? Jy kan ʼn mens dus nie belet om te praat nie.

Ons het al almal die uitdrukking blaffende honde byt nie gehoor wanneer ʼn blaffende hond op iemand afstorm, maar die betekenis hieraan is eintlik dat ʼn persoon wat dreig of raas, gewoonlik nie gevrees hoef te word nie.

Daar is meer hondjies wat Blom heet, word gesê as ʼn mens iemand van iets beskuldig waaraan hy nie skuld het nie net omdat sy naam dieselfde is as dié van ʼn verdagte.

Iemand wat aanhoudend praat, praat ʼn hond uit ʼn bos uit. Jou eie mense kan jou die seerste maak, daarom sê ons eie of mak honde byt die seerste.

Was jy al ooit die bont hond in? Dit beteken om baie kwaad te wees. Die bont hond is waarskynlik een van die talle benaminge vir die duiwel, dus die duiwel in wees wat self ʼn versagting is van die hel in wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.