Uitdrukking:
Die dag as my skip kom
Betekenis:
Die dag waarop jy baie geld gaan kry
Waar kom dit vandaan?
Hierdie uitdrukking is ʼn verwysing na die bloeityd van die Nederlandse skeepvaart en handel: as jou skip gekom het, was dit gelaai met eksotiese ware uit ander wêrelddele wat teen ʼn goeie wins van die hand gesit kon word.