Taaltoffie: Die gans wat die goue eiers lê

Uitdrukking:
Die gans wat die goue eiers lê

Betekenis:
Die persoon wat vir die inkomste sorg

Waar kom dit vandaan?
‘n Boer het eendag na die nes van sy gans gegaan en daar ‘n glansende geel eier gekry. Toe hy dit optel, was dit so swaar soos lood en hy wou dit weggooi omdat hy gedink het dat iemand hom daarmee ‘n poets wou bak. Maar hy besluit toe om dit tog maar huis toe te neem waar hy toe ontdek dat dit van suiwer goud was.

Daarna het hy elke oggend ‘n goue eier in die gans se nes gekry. Hoe ryker hy word, hoe inhaliger was hy. Die gedagte het in sy kop gekom dat die gans tog nog meer eiers in haar moet hê. Hy het die gans doodgemaak en oopgesny en niks gekry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

WILMA SNETLER ·

Ai, as die inhalige vrek net iets verstaan het van “om te gee is saliger as om te ontvang”, sou hy vandag nog lank en gelukkig geleef het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.