Taaltoffie ondersoek verskillende uitdrukkings in Afrikaans wat die woord “hart” bevat:
Uit die diepte van jou hart:
Met innige gevoel
Iemand/Iets op die hart dra:
Baie aan iemand/iets dink
Iemand iets op die hart druk:
Iets op ernstige wyse onder iemand se aandag bring
Iets gaan van iemand se hart af:
iemand doen baie onwillig afstand van iets
Van ganser harte:
Heeltemal, volkome
Met ‘n gebroke hart:
Moedeloos, bedroef
Iemand het geen hart nie:
Iemand is hardvogtig
Iets doen iemand se hart goed:
iets laat iemand goed voel
‘n Goeie/warm hart hê:
Goedhartig wees
‘n Hart van goud hê:
Besonder goedhartig wees
‘n Groot hart hê:
Dapper wees; baie begrypend en simpatiek wees
Die hart vir iets hê:
die lus en die moed hê om iets te doen
Iets op die hart hê:
Iets wil sê
‘n Hart van klip hê:
Hardvogtig wees
Iemand se hart klop/sit in sy keel:
Iemand is baie bang
‘n Klein hartjie hê:
Lafhartig wees; jou gevoel(ens) wys
Iets nie oor die hart kry nie:
Nie kans sien vir iets nie
Iets lê iemand na aan die hart:
Iemand is baie geheg aan iets; iemand is baie ernstig oor iets
Jou/die hart lug:
Uiting gee aan jou gevoelens
Met hart en mond belowe:
Plegtig beloof
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor:
‘n Mans praat maklik oor iets wat jou baie interesseer
Vuil hart, vuil mond:
Iemand wat vloek, kan nie rein van hart wees nie
Nie van jou hart ‘n moordkuil maak nie:
Nie jou gevoelens onderdruk nie
Iemand dra sy hart op sy mou:
Iemand wys maklik sy gevoelens
Na iemand se hart:
Soos iemand begeer
Ter harte neem:
Luister na en aanvaar
In hart en niere:
Volkome
Iemand se hart sit op die regte plek:
Iemand voel vir ‘n saak
Iemand se hart trek met ‘n punt na:
Iemand verlang baie na
Met hart en siel:
Met alle krag(te)
Een van hart en siel wees:
Heeltemal eensgesind wees
Iemand se hart sit/klop in sy/haar keel:
Iemand is baie bang
Iemand se hart sink in sy skoene:
Iemand se moed begeef hom
‘n Skroomvallige hart het nooit ‘n skone bruid gewen nie:
‘n Vryer moet sy moed bymekaar skraap as hy die meisie die hof wil maak
Elke hart het sy smart:
Elke persoon het sy eie moeilikheid
Dankie my hartjie, ‘n soentjie en ‘n kwartjie:
Gesê as iemand nies
Dit spreek tot die hart:
Dit ontroer ‘n mens
Iemand se hart het byna gaan staan:
Iemand het baie groot geskrik
Iemand se hart steel:
Jou bemind maak by iemand
Met ‘n swaar hart:
Met verdriet
Uit ‘n mens se hart uit:
Baie hartlik
Jou hart uitpraat:
Met al jou besware vorendag kom
Van harte:
Opreg
Jou hart vashou:
Bang wees dat iets sal gebeur
Jou hart verloor:
Verlief raak
‘n Warm hart hê:
Goedhartig wees
In die hartjie/hart van die winter:
In die middel van die winter
‘n Hart van yster hê:
Baie ongevoelig wees
Dankie my hartjie. Hartlike groete aan julle by Maroela Media.x