Die mure het ore

Uitdrukking:
Die mure het ore

Betekenis:
Dis gevaarlik om hier te veel te sê

Waar kom dit vandaan?
Selfs in ‘n geslote, skynbaar veilige vertrek moet ‘n mens versigtig wees wat jy sê. Moontlik na die oorlewering dat die agterdogtige Franse koningin, Catherine de Medici, die Louvre só laat bou het dat sy gesprekke in aangrensende kamers deur middel van buise in die mure kon afluister. In die dorpie Chaise Dieu in die Massif Central-gebergte van Frankryk is daar ‘n kamer langs die kerk waar ‘n mens met jou gesig na en teen een hoek kan fluister, en dan in die teenoorgestelde hoek gehoor kan word. Dié kamer is vroeër vir die bieg gebruik: aangesien die twee kerkmanne met hulle rûe na mekaar toe gestaan het, sou die priester nie weet wie bieg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.