Die regte voet voorsit

Uitdrukkking:
Die regte voet voorsit

Betekenis:
Jou gedra of probeer indruk maak

Waar kom dit vandaan?
Die regte voet is die regtervoet. Volgens baie ou bygelowe wat deur talle mense van talle volke geglo is, moes enige reis of nuwe onderneming begin word met die regtervoet (dit wil sê “die beste voet vorentoe“). Daar is geglo dat die linkervoet net ongeluk sou bring.

As ‘n Romein een oggend per ongeluk sy linkersandaal eerste aangetrek het, sou hy dalk nie die dag oorleef nie. Keiser Augustus het glo gese dat sy soldate gemuit het omdat hy daardie dag sy linkersandaal eerste aangetrek het. Die regtervoet moes ook eerste gebruik word wanneer iemand ‘n huis of ‘n kerk binnegaan. In Engeland is daar nog so ‘n bygeloof onder sommige bruide dat hulle met die regtervoet eerste die kerk moet binnestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.