Die spit afbyt

Uitdrukking:
Die spit afbyt

Betekenis:
Die moeilikste of gevaarlikste werk verrig

Waar kom dit vandaan?
Om die spit af te byt, is om die gevaarlikste of moeilikste werk te verrig. Die herkoms word (opsommend) so in die Woordenboek der Nederlandsche taal aangedui: Die uitdrukking verwys na ‘n vyand wat aangestorm kom met spiese of gevelde bajonette, was as spitte bekend gestaan het. Die eerste linie verdedigers het die aanval die hoof gebied deur dapper toe te laat dat die eerste steke van die vyandelike wapens hulle eie liggame binnedring. Die spitte is op dié manier buite aksie gestel en die tweede linie het tyd gekry om self aan te val. Dit was natuurlik die gevaarlikste optrede in ‘n geveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.