Uitdrukking:
Dis ‘n bietjie te dik vir ‘n daalder
Betekenis:
Dis te erg; dis te duur
Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong van geldname is vandag nie meer algemeen bekend nie: die dollar se naam, byvoorbeeld, kom van Joachimstaler, die dorp Joachimstal in Duitsland waar silwer ontgin is en die munt in 1519 die eerste keer geslaan is. Die Joachimstaler het kortweg die thaler geword, in Engels die dollar, en in vroeëre Afrikaans (uit Nederlands) die daalder. As ‘n munt dikker as die daalder was, was dit nie eg nie – en by uitbreiding dus te erg om te glo dat dit die ware Jakob is.