Uitdrukking:
Dit sit vuisdik agter die ore
Betekenis:
Iemand is nie so onnosel as wat hy lyk nie
Waar kom dit vandaan?
In teenstelling met ‘n negatiewe stelling soos “‘n brein soos ‘n ertjie hê” – daar is iets groots in sy kop. ‘n Mens sien iemand na die gesig, wat miskien dom lyk, maar nie agter die oor nie.