Uitdrukking:
Eerste kom, eerste maal.
Betekenis:
Wie voor die ander kom, word eerste gehelp.
Waar kom dit vandaan?
Die gewone verklaring is dat die koring wat eerste by die meule aankom, eerste gemaal word. Maar die Nederlandse maal/ male is ʼn baie ou woord wat vroeër gebruik is as benaming vir die plek waar landsake bespreek is, en die werkwoord malen verkry daardeur die betekenis “regspraak lewer”. Dit is dus ook moontlik dat die persoon wat eerste by die hof is, die eerste kans sal kry om sy saak te stel.