Geen kind of kraai hê nie

Uitdrukking:
Geen kind of kraai hê nie

Betekenis:
Niemand hê om voor te sorg nie

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking het ‘n baie interessante maar wrede herkoms. In Middelnederlands was die uitdrukking kind no craet, en die craet het na die gekraai van ʼn haan verwys. Die “kraai” in die Afrikaanse idioom het dus niks te make met die swart voël wat so kan kras nie.

Vroeër eeue is mense voor die hof gesleep as hulle nie hulle skuld kon betaal nie, en dan in die tronk gestop totdat hulle dit kon doen. Dit was natuurlik ‘n wrede kringloop, want in die tronk kan jy geen geld verdien om jou krediteure te betaal nie. Die aangeklaagde sou dus die hof vurig smeek om nie gekerker te word nie. As hierdie persoon dus nie ʼn kind gehad het nie, het dit beteken dat daar niemand was – nie eers ‘n familielid – om namens hom te praat en hom sodoende van sy lot te red nie.

As jy nie “hanekraai” het nie, beteken dit dat jy nie eers ‘n haan het nie! Die haan was ‘n simbool van besittings: selfs die armste mens het darem altyd ‘n haan gehad. As jy dus no craet gehad het, het die hof geweet dat jy nie ‘n duit of dubbeltjie het om te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.