Idioomgrappe

kind-lag-5Hy het so aanmekaar gepraat, ál kans wat ek gekry het om my mond oop te maak was om te gaap.

As geld werklik aan bome gegroei het, sou talle mense meermale hoog in die takke gewees het.

Waarom het ‘n spook blou tone? Hy het die emmer geskop.

Toneelspeler 1: “Gisteraand het ek die gehoor aan hulle stoele vasgenael gehad.”
Katterige toneelspeler 2: “Ja, dit is een manier om hulle daar te hou.”

Landdros: “Het jy en jou vrou woorde gehad?”
“Ja, Edelagbare, maar ek het nie tyd gehad om myne gesê te kry nie.”

Verveelde vrou aan haar man: “Ek kan jou soos ‘n boek lees. Ek weet presies wat jy dink.”
Man: “Nou hoekom gaan jy dan nie soontoe nie?”

Kannibaal 1 na die ete: “Dit was heerlik.”
Kannibaal 2: “Ja, my vrou maak regtig lekker bredie. Ek gaan haar baie mis.”

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

PW Growee ·

O Moedertaal, o soetste taal, jou het ek lief bo alles.

Skertsend ·

“Ek is erg bekommerd, dis nou al 3 maande wat my vrou nie met my praat”. Antw.: “Sjoe maar jy is bevoorreg, hou dit so, baie selde wat ‘n man so ‘n vrou kry”.
Gewoonlik is die man eerste bokveld toe. Waarom? Sodat hy darem ‘n bietjie rus kan kry voor vroulief daar opdaag.
Die illustrasiefoto is uit die boonste rakke. Dankie Maroela !!

HennieKdp ·

Hier is nog ‘n paar:

Rome is nie in een dag gebou nie, dit lyk net so.

Gee ‘n man ‘n vis en hy het kos vir ‘n dag. Leer hom om vis te vang en hy sit heeldag langs ‘n dam en suip.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.