Iemand het haasvleis geëet

Uitdrukking:
Iemand het haasvleis geëet

Betekenis:
Iemand is ‘n bangerd/lafaard

Waar kom dit vandaan?
Eintlik beteken dit dat iemand so vinnig soos ‘n haas kan hardloop as hy bang word. Dit stam uit die baie ou volksgeloof dat ‘n mens die einskappe van ‘n dier opneem deur die vleis daarvan te eet. Achilles, byvoorbeeld, het die murg van ‘n leeu geëet. Op sommige plekke in Griekeland is ‘n duif en ‘n haan aan onderskeidelik die bruid en bruidgom voorgesit: die duif was die simbool van verliefdheid en die haan van manlikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.