Iemand iets op die mou speld

Uitdrukking:
Iemand iets op die mou speld

Betekenis:
Iemand iets wysmaak

Waar kom dit vandaan?
In die Frieslandse volkslewe was daar vroeër die gewoonte om as geskenk ‘n voorwerp aan iemand se mou vas te speld. Hierdie innemende gebaar sou die ontvanger vlei en sy vertroue in die skenker laat toeneem. Vanuit so ‘n posisie kon die skenker dus later die persoon iets wysmaak – al was dit nie noodwendig waar nie – en tog geglo word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.