Uitdrukking:
Iemand se tande is getrek
Betekenis:
Iemand is magteloos
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ‘n fabel van Esopus: ‘n Leeu het op die beeldskone dogter van ‘n houtkapper verlief geraak en het gaan ouers vra. Dié was in vertwyfeling want hulle wou nie hulle dogter aan die leeu gee nie, maar wou ook nie die koning van die diere kwaad maak nie.
Uiteindelik het die pa gesê: “Ons voel geëerd dat u met ons dogter wil trou, maar sy is maar ‘n tere jong dingetjie en baie bang vir u tande en naels. Mag ek vra dat u u tande laat trek en die kloue laat afkap? Ons kan dan weer praat.”
Die leeu was so verlief dat hy ingewillig het. Maar toe hy terugkom, het die ouers hom uitgelag en die pa het hom met sy byl in die woud ingejaag.
Die les is dat liefde die wildste dier kan tem.
Dis so passend by Malema, want nou gooi hy sy speel goed by sy kot uit!