Iets op eie houtjie doen

Uitdrukking:
Iets op eie houtjie doen

Betekenis:
Iets doen sonder om ander te raadpleeg; iets doen op eie gesag

Waar kom dit vandaan?
Die Nederlandse woordeboekverklaring (in vertaling) vir die herkoms lyk algemeen aanvaarbaar: Mense het somtyds twee kerfhoute (kerfstokke) gehad wat netjies in die lengte in mekaar voeg.

Een is deur die koper en een deur die verkoper gehou. Op die houte is die transaksies tussen die twee aangeteken. As ‘n nuwe transaksie op die stok aangebring moes word, is ‘n keep oor albei dele van die saamgevoegde hout gekerf.

Op hierdie manier het die twee partye te alle tye die stand van hulle rekening in die hand gehad en kon geen bedrog plaasvind nie.

As een dus op sy eie houtjie ‘n kerf gemaak het, was dit gou duidelik dat dit nie kon geld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.