Iets voetstoots verkoop

Uitdrukking:
Iets voetstoots verkoop/Iets voetstoots aanvaar

Betekenis:
Iets sonder waarborg verkoop/Iets blindelings aanvaar

Waar kom dit vandaan?
‘n Eg Nederlandse verhaal skuil hier.

By die mark het al die boere bymekaar gekom om hulle produkte van die hand te sit, hetsy vir geld, hetsy vir ruilartikels. As ‘n bees of koei die voorwerp van onderhandeling was, en die koper en verkoper klaar oor die prys gekibbel het, het die verkoper die dier van agter af met die voet ‘n stootjie gegee in die rigting van die koper. Dit het die transaksie beklink – en die koper kon nie daarna kom kla dat die dier gebreke het nie. Die voetstootjie het die uitdrukking met voetstoots tot gevolg gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Guy McLaren ·

Verkeerd, Dit was nie beeste nie maar pampoene, AS jy ‘n vrot pampoen met jou voet stoot dan sou die bars, ‘n varse nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.