In die haak

Uitdrukking:
In die haak

Betekenis:
In orde

Waar kom dit vandaan?
Haak is histories ‘n wisselvoerm van hoek. Eitnlik beteken dit “reghoekig, soos ‘n winkelhaak is”. Die verband is nog duidelik te sien in ‘n samestelling soos vishoek, en minder duidelik in winkelhaak.

In Middelnederlands beteken winkel nie net “verkoopplek” nie. Dit beteken in eerste instansie “hoek”, veral “regte hoek”. Op die hoek van die straat is daar die grootste samedromming van mense. Daarom ontstaan “verkoopplekke” in die laat Middeleeue veral op hoeke. Ons woord winkel beteken oorspronklik niks anders as “hoek” nie. Winkelhaak, soos ‘n bepaalde soort skeur heet, is ‘n skeur wat die vorm van ‘n “regte hoek” het. Winkelhaak, soos ‘n bepaalde tipe gereedskap heet, is ‘n toepassing van dié gedagte: dit is ‘n instrument waarmee ‘n mens veral “regte hoeke” maak. Die byvoeglike naamwoord haaks is hiervan afgelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.