In jou noppies wees?

Uitdrukking:
In jou noppies wees

Betekenis:
Om baie gelukkig en tevrede te voel

Waar kom dit vandaan?
In jou noppies wees is ʼn wisselvorm van in jou knoppies wees. Eintlik beteken dit dat jy letterlik in jou klere is waar knoppies of noppies of pluisies op sit. Jy is dus geklee in mooi klere – jy het letterlik ʼn feesgewaad aan. In Nederlands beteken die woord nop ‘n pluis op wolstof, en veral dan op nuwe klere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.