Jakkals prys sy eie stert

Uitdrukking:
Jakkals prys sy eie stert

Betekenis:
Iemand prys hom- of haarself

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ‘n fabel van Esopus:

‘n Jakkals is eenkeer in ‘n slagyster gevang. Na ‘n groot gesukkel en baie pyn het hy hom losgewikkel, maar in die proses het hy sy stert verloor.

Sonder die stert het die jakkals nie lekker gevoel nie, want sy ander rasgenote het nog hulle dik, wollerige sterte gehad. Hy het eers gaan wegkruip, maar oor sy penarie gedink en gedink. Uiteindelik het hy besluit ddat as hy die ander jakkalse kon oortuig dat hulle baie aantrekliker sal wees sonder ‘n stert, hulle ook van hulle s’n ontslae sou raak en dan net soos hy sal lyk.

Hy sou hom dan nie hoef te skaam nie.

Hy het toe ‘n groot klojmp jakkalse bymekaar gekry en gesê dat hulle van hulle sterte ontslae moes raak. Hy het die plesier van stertloos wees geprys: hy kon vinniger hardloop, en alle slagysters ontwyk.

Een van die ou jakkalse het hom onderbreek en gesê: “As jy nie jou stert verloor het nie, sou jy ons steeds probeer oortuig het om ons sterte te verloor?” Die jakkals kon niks hierop antwoord nie en het huis toe gehardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.