Uitdrukking:
Jou kierang(tjies) sal braai
Betekenis:
Jou oneerlikheid sal bekend word
Waar kom dit vandaan?
Die bronne is dit eens dat kierang uit Maleis kom, maar die vorm in dié taal word gedebatteer. Malherbe aanvaar tjóran en tjoerian soos in barang tjoerian wat “gesteelde goed” beteken. Pettman in sy Africanderisms skryf dit ook toe aan ‘n Maleise werkwoord kurang wat “gebrekkig” beteken. Hy sê dan dat dit aan die Kaap as ‘n bywoord gebruik word met die betekenis “onregverdig”. Boshoff & Nienaber bied koerang aan wat onder andere “oneerlik” beteken, maar hoekom dit sal braai, weet nugter.
Mens hoor deesdae so min hierdie aanhalings, dis darem ‘n jammerte dat dit als so verlore gaan. Ons kinders ken dit nie want die tale word deesdae mos gemeng…