Jou peetjie af wag

Uitdrukking:
Jou peetjie af wag

Betekenis:
Baie lank wag

Waar kom dit vandaan?
Peetjie is ‘n ou woord vir “oorgrootvader, -moeder“. Moeder word vervorm tot (die plat vorm) moer in al die uitdrukkings waar peetjie voorkom; in hierdie geval is dit dus dieselfde as jou moer af wag [plat]. Mansvelt skryf reeds in 1884 dat peetji (sic) gebruik word in die plek van ‘n skelwoord (wat hy in vroomheid met ‘n strepie as weglatingsteken aandui): “Ga na jou – (of peetji).”

Meer uitdrukkings in Afrikaans wat peetjie bevat:
In jou peetjie wees (bankrot/onderdeur wees)
Loop na jou peetjie (Gaan na die duiwel!)
Na jou peetjie wees (Nie meer daar wees nie)
Peetjie staan (Peetvader wees)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.