Kat in die sak gekoop?

Uitdrukking:
Om ‘n kat in die sak te koop

Betekenis:
Mens jouself ʼn kat in die sak wanneer jy ʼn slegte kopie doen.

Waar kom dit vandaan?
Solank as wat die mens mens is, is dit in sy aard om ander te verkul – veral niksvermoedende klante. Die uitdrukking ʼn kat in die sak koop is die gevolg van hierdie menslike eienskap. ʼn Jong varkie is voor in die verkoper se kraampie of stalletjie aan die voornemende kopers vertoon – veral in die ou tyd op markdae, waar die kopers vir dié dag van heinde en ver gekom het. Daar was ʼn hele paar sakkies wat klaar toegeknoop was, en waarin dan vermoedelik dieselfde model as die lekker sappige, vet jong prototipe was. As jou geld reg was, kon jy net die sak vat en wegdra. Die goedgelowige koper het betaal, sy sak gevat en huis toe gegaan. Daar aangekom het hy gevind dat hy hom letterlik ʼn kat in die sak gekoop het!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.