Kort/Heet gebaker wees

Uitdrukking:
Kort/Heet gebaker wees

Betekenis:
Opvlieënd wees van geaardheid

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse taal slaan die baker van gebakerd op die oorspronklike gebruik om pasgeborenes voor ‘n vuur te verwarm en in doeke toe te draai. Die baker was ‘n vrou wat die moeder en pasgebore kind opgepas het. Volgens oorlewering sou die manier waarop die baba gebakerd is, ‘n invloed op sy latere karakter hê. As hy te warm gekry het, sou hy dan later driftig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.