Uitdrukking:
Met vlieënde vaandels
Betekenis:
Met groot sukses
Waar kom dit vandaan?
‘n Vaandel is onder andere die vlag wat bo aan die skeepsmas gehys is; as ‘n skip deur die vyand verslaan is, moes die vlag as teken van oorgawe gestryk word. As die vlag teen die mas vasgespyker is, was dit ‘n teken dat die bemanning van die verslane skip tot die einde sou veg en die vlag dus nie gestryk kon word nie. Om met vlieënde vaandels terug te keer, het dus op ‘n suksesvolle vaart gedui.