‘n Perd van ‘n ander kleur

Uitdrukking:
‘n Perd van ‘n ander kleur [na die Engels]

Betekenis:
Iets heeltemal anders

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking het waarskynlik niks met perde te maak nie, maar daar is een vergesogte gissing oor die herkoms in Engels: die Wit Perd van Berkshire in Engeland is ‘n buitelyn van die dier en ongeveer 120 meter lank. Dit is waarskynlik eeue glede in ‘n kalkheuwel uitgegrawe. Af en toe roei die inwoners van die nabygeleë dorpie die onkruid daarop uit, wat die perd ‘n ander kleur laat aanneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.