‘n Seerplek soen

Uitdrukking (en gebruik):
‘n Seerplek soen

Betekenis:
‘n Volksgeloof dat ‘n soen die plek gesond sal maak

Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik het dit verwys na die gewoonte om die gif van ‘n bytplek uit te suig: die handeling sou dan lyk asof die plek gesoen word. Dat dié geloof wydverspreid was, blyk uit twee gevalle wat in ou Franse bronne voorkom: Sint Martin van die stad Tours het in die poort van Parys ‘n melaatse gesien. Hy het die sere gesoen en die man het oombliklik gesond geword. Ook Sint Mayeul moes ‘n melaatse, wat by die klooster gebedel het, se sere soen as boetedoening vir sy sondes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.