‘n Wit raaf

Uitdrukking:
Iets is ‘n wit raaf

Betekenis:
Iets wat baie skaars is

Waar kom dit vandaan?
‘n Wit raaf (of kraai) is ‘n besonder seldsame voël. Volgens die Romeinse digter van die tyd van Christus, Ovidius, was die raaf oorspronklik wit, maar hy is deur Apollo Phoibos in ‘n swart voël verander omdat hy die geheim uitgelap het dat Koronis, ‘n geliefde van Apollo, aan die god ontrou was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Billy Attard ·

Ek het my vriend, die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), nageslaan. Die Latynse woorde Rara avis beteken ‘n seldsame voël. Om ‘n wit raaf te sien is seldsaam. D.w.s. ‘n buitengewone soort persoon of ding word ‘n wit raaf genoem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.