Uitdrukking:
Nuuskierige agie
Betekenis:
Iemand wat oormatig nuuskierig is
Waar kom dit vandaan?
Daar word vertel dat die burgemeester van Enckhuysen, ‘n dorpie in Nederland, se vrou Aegje legendaries nuuskierig was. Ene Bormeester het toe ‘n klugspel hieruit geskep getiteld “‘t Nieuwsgierige Aegje.” Soms is gesê: “Jy is so nieuwsgierig als Aegje van Enckhuysen” – wat later verkort is na agie of nuuskierige agie.